Kyk en voel goed oor die transaksie
1. Kerngedagte Kyk en voel goed oor die transaksie – alle partye.
2. Wat sê die Kliënt? Vertel ons kliënte vir ander mense van JPF? Indien Ja: Waarvoor word ons geprys en waarvoor nie? Indien Nee: Is dit ‘n privaat, persoonlike verhouding waaroor mense nie praat of is hulle skaam vir ons?
3. JPF se Passie In ±30 jaar het ons eenvoudige sakefilosofie in wese nie veel verander nie. Ons is trots op ons naam (“Brand”), personeel, bestuursintegriteit, bemarkingsetiek, kwaliteit produkte, administrasie, diens en onderskrywers. Ons het ‘n ongelooflike respek vir die kliënt wat met ons besigheid doen. Ons besef dat lojaliteit, vertroue en trots oor die lang termyn verdien en behou moet word. JPF streef na ‘n wen-wen sakeverhouding met sy kliënte. Albei partye moet goed kan voel oor die transaksie.
4. Natuurvergelyking: Luiperd (Phantera Pardus) die beste leermeester....... Luiperds as spesie oorleef alreeds vir miljoene jare omdat hulle ‘n misterieuse, instinktiewe aanvoeling aangeleer het om dinge baie goed deur te kyk en versigtig te loop om risiko’s te minimaliseer. Luiperds kyk en voel eers goed oor die transaksie (jag) voordat hulle oorgaan tot die transaksie (jag).
Kliënte moet soos luiperds baie goed kyk en goed voel en sodoende ‘n sesde sintuig (“gut feel”) ontwikkel voordat daar vir enige transaksie ja gesê word.
Kontak Ons: Hoofkantoor: Tel: (012) 460 0526 Faks: (012) 460 0414 E-pos: info@jpfin.co.za
Inbelsentrum: Tel: (012) 346 5084 / 0861 KANKER (0861 526 537) Faks: (012) 346 0825 |